Whitey Sakereus van Shoprite - Niel Joubert
"Whitey Basson is 'n visioenêre leier . . . Dis 'n eer en 'n voorreg om Whitey as 'n broer te kan beskou" - Patrice Motsepe
"Whitey het my groot lesse geleer, oor alles van liefdadigheid tot geduld tot vertroue." - Natanièl
James Wellwood Basson - wyd bekend as Whitey" - is'n legende in die Suid-Afrikaanse sakewêreld. In 1979, met die steun van Pep Stores, koop hy agt winkeltjies in die Kaap, met die onwrikbare doel om die voedsel- kleinhandelsektor te verower. Oor die jare bou hy Shoprite stilweg it en groei verder deur Grand Bazaars en die sukkelende Checkers or te neem. In Suid-Afrika se beroemdste oorname koop hy OK Bazaars vir net een rand. Binne 'n jaar is dit winsgewend - en word Whitey wyd erken as 'n sake-genie.
In hierdie gemagtigde biografie - gegrond op jare se navorsing, toegang tot die Bassons se rekords, en omvattende onderhoude met Whitey self en mense in sy binnekring - herskep die bekroonde sakejoernalis Niel Joubert Whitey se buitengewone lewe: van sy seunsdae as plaaskind op Porterville en sy mentorskap by Pep se Renier van Rooyen tot waar hy uiteindelik sy groot mikpunt bereik, om Pick n Pay die loef af te steek, en om Afrika te verower.
Shoprite is vandag die grootste kleinhandelaar op die kontinent, en een van die 100 grootstes ter wêreld. Die groep, Suid-Afrika se grootste private werkgewer, skep ok vir tallose Suid Afrikaners nuwe welvaart. Ondanks sy sukses bly Whitey 'n plat-op-die-aarde boerseun met 'n unieke, padlangse en mensgerigte bestuurstyl. Whitey: Sakereus van Shoprite is sy kleurryke en inspirerende verhaal.