Skatryk - Johan Fourie
Skatryk - Johan Fourie

Skatryk - Johan Fourie

Regular price R 355.00
Unit price  per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

Wat maak Jeremy Irons in die reenwoud? Waarom speel die Japannese rugby? Hoe kon 'n fliek Stalin in die verleentheid stel? En wat het 'n Indonesiese vulkaan, Frankenstein en die Groot Trek in gemeen?

Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapport-rubriekskrywer, Johan Fourie,
onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare ekonomiese geskiedenis wat strek van die migrasie uit Afrika 100 000 jar gelede tot vandag. Skatryk is 'n boeiende reis deur die geskiedenis wat ons wys hoe welvaart geskep en uitgebou word. Hoekom floreer een groep, maar 'n ander bly 'n sukkelbestaan voer? Hoekom is ons ryker as ons voorsate?

Fourie verduidelik in sy unieke, vermaaklike styl vol onverwagse feite waarom die bouers van 'n samelewing - eerder as dié wat afbreek - uiteindelik seëvier.