{"product_id":"ek-is-nie-danie-d-marais","title":"Ek is nie Danie - D Marais","description":"\u003cp class=\"p2\"\u003e\u003ci\u003eEk is nie Danie\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003c\/i\u003eis ’n keur uit die digter Danie Marais se vier digbundels:\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003ci\u003eIn die buitenste ruimte\u003c\/i\u003e,\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003ci\u003eAl is die maan ’n misverstand\u003c\/i\u003e,\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003ci\u003eSolank verlange die sweep swaai\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003c\/i\u003een\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003ci\u003eEk en jy bestaan nie\u003c\/i\u003e. Daar is ook een nuwe gedig ter inleiding.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"p2\"\u003eDie versameling sluit volledige weergawes van die 18 gedigte in wat tot die opspraakwekkende gelyknamige toneelstuk,\u003cspan\u003e \u003c\/span\u003e\u003ci\u003eEk is nie Danie\u003c\/i\u003e, verwerk is. Dié stuk, onder regie van Nico Scheepers, met spel en sang deur Albert Pretorius en musiek deur Schalk Joubert, het in 2025 vier Woordtrofee-toekennings, insluitend beste toneelstuk, ontvang.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"p2\"\u003eMarais se werk is met die Ingrid Jonker-, Eugène Marais-en UJ-debuutprys, ’n SALA-toekenning en die eerste Breyten Breytenbach-prys vir Digkuns bekroon.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"p3\"\u003eSy toeganklike gedigte knoop intieme gesprekke met die leser aan oor ontheemding in die buiteland, verlange, morsige liefde, gefnuikte verhoudings, ouerskap en die verwarspul van middelklasverknorsings in ’n skisofrene, verskeurde Suid-Afrika. Dis poësie wat diep sny, maar jou altyd laat met die wete: jy brand nie alleen nie.\u003c\/p\u003e","brand":"Flyleaf","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":53541153898709,"sku":"9781067218508","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0604\/7262\/3317\/files\/ekisniedanie.png?v=1774976102","url":"https:\/\/stellenboschbooks.co.za\/products\/ek-is-nie-danie-d-marais","provider":"Stellenbosch Books","version":"1.0","type":"link"}