Benny Griessel 07: Die Vrou in die Blou Mantel - D Meyer

Benny Griessel 07: Die Vrou in die Blou Mantel - D Meyer

Regular price R 220.00
Unit price  per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

Daar ver onder in die Kaapse nag steel iemand skilderye waarop vroue in blou geklee is. En kaptein Bennie Griessel droom van verloofringe, en sy kollega Vaughn Cupido bekommer hom oor commitment. En die private eye Billy de Palma, “narcissist, psycho, real arsehole”, is besig met sy gewone onheilighede.

Maar hier bo in Sir Lowryspas lê ‘n vrou wat dit alles gaan verander. Sy is heeltemal kaal, uitgestrek by die groot uitkykpunt, haar kop na die noorde, haar voete na die suide. Iemand het haar liggaam mooi gerangskik en met bleikmiddel gewas om al die forensiese spore uit te vee.