Die Blou van Onthou - Marita van der Vyver

Die Blou van Onthou - Marita van der Vyver

Regular price R 415.00
Unit price  per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

In die skemer van haar lewe kry Colette Cronjé ’n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook dié van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Die blou van onthou is ’n wydstromende rivier van ’n roman, ’n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.