13 Uur - Deon Meyer

13 Uur - Deon Meyer

Regular price R 370.00
Unit price  per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans  – en beangs. Sy word soos 'n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Bennie Griessel neem die spoor. Maar net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle hom. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.